Altesaam 566 verdagtes is tussen 12 en 18 Oktober in die Noord-Kaap in hegtenis geneem tydens Operasie Shanela II en geteikende opsporingsoperasies.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Litabe, sê 296 verdagtes is tydens operasies in al vyf distrikte aangekeer, terwyl speurders nog 270 gesoekte verdagtes opgespoor het.
Die beweerde misdade sluit in poging tot moord, sakeroof, bedrog, huisbraak, dwelmverwante misdrywe en die onwettige verkoop van drank.
Alkohol, dwelms, kontant en gevaarlike wapens is ook op beslag gelê. Volgens Litabe sal intelligensiegedrewe operasies in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe voortgaan.