Die Mothibistad SAPD B-Relief het inligting opgevolg en 'n 24-jarige buitelandse man in hegtenis geneem omdat hy in besit was van 'n beweerde gesteelde waterpomp. Op Saterdag, 17 Augustus 2024 omstreeks 13:40 het die polisie die pomp by die verdagte gevind wat na bewering onlangs by 'n ander man gekoop het. “Tydens die arrestasie van die verdagte het 'n 24 jarige manlike buurman ingemeng en die polisie in die uitvoering van hul pligte belemmer en is ook gearresteer,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê. Die Openbare Orde Polisiëring is ontbied vir bystand, en die buurman is ook aangekla en gearresteer vir die verhindering van 'n polisiebeampte in die uitvoering van sy pligte.