By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 20 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
29 ongedokumenteerde migrante vasgekeer vir onwettige mynbou in Namakwa
Die
Multi-dissiplinêre Operasie Vala Umgodi-span, wat toegewy is aan die bekamping
van onwettige mynbou en verwante misdade, het onlangs 'n reeks aksies in die
Namakwa-distrik van stapel gestuur. Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sers
Timothy Sam, het berig dat die operasies gelei het tot die arrestasie van 29
ongedokumenteerde individue in die Sizamile-lokasie, Port Nolloth, Bontekoei en
Nataboi-myngebiede.Die span, bestaande uit lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), die departement van binnelandse sake immigrasiedienste, en die Springbok SAPD se openbare orde-polisie-eenheid, het ook op talle mynimplemente en diamantdraende gruis beslag gelê. Die verdagtes is aangehou om deur die departement van binnelandse sake verwerk en geverifieer te word voordat hulle teregstaan op formele aanklagte en hofverrigtinge vir deportasie.
Related News