By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 28 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Black Mountain Kompleks sluit vrouemaand af met ‘n gesondheid- en welstandprogram
Black Mountain Kompleks in samewerking met verskeie belanghebbendes
gaan ‘n TWEE-dag vroue-gefokusde gesondheid- en welstandprogram vir kollegas en
gemeenskapslede aanbied. Die program is ter ere van die afsluiting van
vrouemaand. Internasionale vrouedag wat op jaarliks op 9 Augustus gevier word,
was die jaar onder die tema "Belê in vroue: Versnel vordering". Die
program sluit inligtingstalletjies, bewusmaking in besprekings,
welstandsondersoeke, ontspanningsterapie, stapuitdaging en nog baie meer. Die vroue
wat deel uitmaak van die program, gaan geaddresseer word deur Me Carmen van
Rooyen, Vrou in Mynwese: Ondervoorsitter
Related News