By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 04 Sep 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Opedag om graad 12-leerders te bemagtig
Nagenoeg 100 graad
12-leerders van die omliggende gebiede van Springbok het baat gevind by 'n
opedag wat onlangs in Springbok gehou is. Die geleentheid, wat deur die
Kangnas-windplaas gefinansier is, was 'n platform om aan leerders insig te gee
in die verskillende geleenthede wat aan hulle beskikbaar is deur die windplaas
se opvoedkundige inisiatiewe, insluitend beurse om finansiële struikelblokke
aan te spreek. Die deelnemers het die geleentheid gehad om met sleutelbelanghebbendes te skakel, insluitend verteenwoordigers van Xhaus Development, NCR TVET College en StudyTrust, wat teenwoordig was om hulpbronne en leiding te deel. Die Kangnas-windplaas bedryf 'n omvattende beursprogram in samewerking met StudyTrust, die beursadministrateur. Hierdie program is ontwerp om die finansiële las wat studente dikwels verhinder om hoër onderwys te volg, te verlig. “Boonop verleen die windplaas sy ondersteuning aan voornemende vroulike studente deur sy Vroulike STEM-program, in samewerking met die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.
Related News