Die Hantam-munisipaliteit in die Noord-Kaap het twee nuwe bestuurslede in sy geledere verwelkom. Een van hulle is die nuwe waarnemende munisipale bestuurder, Jan Fortuin, wat met sy pligte begin het. Fortuin was die burgemeester van die Hantam-munisipaliteit. Die raad en administrasie het ook nog ‘n gesoute plaaslike regeringswerknemer, Elize de Wet, as direkteur van Korporatiewe Dienste aangestel. De Wet is vroeër vandeesweek aangestel.