Onder die leiding van Meneer Rushphiano Cloete het Graad 8-leerder van SA van Wyk, Ganiefah Loubscher uitgeblink in kreatiewe skryfwerk en tweede plek behaal in ’n kompetisie vir Graad 8-leerders in Namakwaland. Meneer Cloete het haar ingeskryf nadat hy haar foutlose koerantberig gesien het, en het gesê hy het onmiddellik geweet sy sou wen. Ganiefah ontvang ’n kontantprys van R500. Die skoolgemeenskap bedank Juffrou Van Wyk vir die aanmoediging van kreatiewe skryfvaardighede onder leerders. Die prestasie van Ganiefah word gevier as ’n voorbeeld van hoe onderwysers se geloof in leerders hulle help groei en suksesvol word.