Lede van die Port Nolloth SAPD het hul verbintenis herbevestig om misdaad tydens die feestyd en daarna te bekamp. Op 1 Desember 2025 omstreeks 13:20 het B-aflos lede inligting gevolg oor moontlike dwelmaktiwiteite, wat gelei het tot die opsporing van ’n verdagte en die ontdekking van dwelms in swart plastiek toegedraai skyfiepakkies. Die dwelms het ’n geraamde straatwaarde van R5 433.20. ’n 36-jarige man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Port Nolloth-hof verskyn. Die SAPD beklemtoon die belangrikheid van samewerking met die gemeenskap om misdaad te voorkom en versoek inwoners om voort te gaan om verdagte aktiwiteite aan te meld.