ANC-raadslid Jaslin Van Wyk is gister amptelik ingesweer by die Hantam Munisipaliteit. Hy verteenwoordig Wyk 7, wat 12 areas insluit, onder andere Middelpos, Diepdrift, Ramskop, Beeswater, Dasie Straat en Brakfontein. Die verrigtinge is bygewoon deur Adjunk Voorsitter Alinda Beukes, Adjunk Sekretaris Angelita Engelbreght en ANC Jeugliga Adjunk Voorsitter Tazmeen Gertze, wat gelukwense namens die ANC Namakwa oorgedra het. Die ANC in Namakwa wens Raadslid Van Wyk sterkte toe in sy werk en sy visie om Wyk 7 te dien en saam met die gemeenskap vooruitgang vir ál die kiesers te bring.