Die Departement se Anti-Boelie Stuurkomitee ’n konsepveldtog aan die LUR vir Onderwys, Abraham Vosloo, voorgelê. Die veldtog fokus daarop om alle vorme van boeliegedrag in skole aan te pak deur ’n multisektorale samewerking tussen departemente, geloofsgebaseerde organisasies en ander belanghebbendes. Die inisiatief poog om ’n kultuur van vriendelikheid, respek en empatie te bevorder en ondersteuning te bied aan slagoffers van boeliegedrag. Die gemeenskap word uitgenooi om betrokke te raak en voorvalle van boeliegedrag aan te meld. Saam wil die departement ’n veiliger en meer ondersteunende leeromgewing vir alle leerders skep.