Mnr. D.W. Cloete, Wiskunde-onderwyser by S.A. Van Wyk, het deel geneem aan ’n Ledimtali-werkswinkel vir Wiskunde-opvoeders. Die werkswinkel het gefokus op beste praktyke, moderne onderrigmetodes en effektiewe strategieë om leerders se begrip en selfvertroue in Wiskunde te verbeter. Wat in die werkswinkel geleer was, sal reeds in die klaskamers toegepas word. "By S.A. Van Wyk staan ons nie stil nie, ons beweeg vorentoe, bly relevant en kies uitnemendheid bo gemak. Net die beste vir ons leerders. Net die beste vir S.A. Van Wyk," het die skool gesê.