Die Suid Afrikaanse Polisiediens in die Namakwa-distrik het weer sy vasberadenheid teen dwelms getoon met die arrestasie van ’n 32-jarige man in Port Nolloth. Die inhegtenisneming het Maandag 26 Januarie om 11:50 plaasgevind nadat polisie, op grond van inligting, ’n sakeperseel in Hoofweg deursoek het. Beamptes het hidroponiese dagga met ’n geraamde straatwaarde van R25 800 ontdek. Die verdagte is vir dwelmhandel gearresteer en sal binnekort in die hof verskyn.