Hoërskool Concordia het Graad 12A bedank vir hul orde, toewyding en waardigheid tydens gisteroggend se byeenkoms. Die skool sê hul diensbaarheid getuig van ware leierskap. Die byeenkoms het gefokus op die tema “Waarmee is jy besig?”, uit Lukas 2 vers 49, wat leerders aangemoedig het om doelgerig te leef. Die boodskap herinner dat skool nie net oor roetines en akademie gaan nie, maar oor karaktervorming, roeping en gehoorsaamheid aan God.