Tydens gisteroggend se byeenkoms by Hoerskool Concordia is matriekonderwysers geloof vir hul uitstekende prestasies in die 2025-eindeksamen. Verskeie vakke het ’n 100%-slaagsyfer behaal, wat volgens die skool getuig van deeglike beplanning en toewyding. Mnr. D. Jonas is besonders vereer nadat sy RTT-leerders nie net almal geslaag het nie, maar ook die beste uitslae in die Namakwa-distrik behaal het. Die skool se RTT-resultate is boonop as die derde beste in die provinsie aangewys.