Die Noord-Kaapse Hooggeregshof het vandag die vonnisoplegging vir Alberto Matthews weer uitgestel. Regter Danie Olivier het die saak tot môreoggend verdaag nadat argumente vir vonnisoplegging aangehoor is. Matthews is skuldig bevind aan die moord op sy eksvrou, Mandy Bailey, in Desember 2023, wat voor haar negejarige dogter geskiet is. Hy staan ook vonnisoplegging in die gesig vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en die oortreding van ’n beskermingsbevel.