Copper 360 het aangekondig dat ’n oorgangsbestuurspan aangestel is nadat uitvoerende hoof Graham Briggs, ná net agt maande in die pos, met verlof gegaan het. Briggs het verlede jaar die herkapitalisering van die maatskappy gelei, insluitend ’n regte-aanbod van R400 miljoen. Hy word tydelik vervang deur hoofbedryfsbeampte Gordon Thompson, bygestaan deur Seten Naidoo. Die maatskappy staar uitdagings in die gesig weens hoër bedryfskoste en swak aandeleprestasie.