Twee leerders van Namakwaland Hoërskool, Abigail Engelbrecht en Daleen Bester, se kunswerke oor die belangrikheid van water is gekies om in ’n boek gepubliseer te word. Die inisiatief het jong kunstenaars genooi om hul perspektiewe oor water in gemeenskappe en daaglikse lewe uit te beeld. Die projek is aangebied deur die Noordwes-Universiteit in samewerking met die Universiteit van die Wes-Kaap en die Iziko Museums van Afrika. Die skool is trots op hierdie twee Bokkies se prestasie.