Die polisie in Nababeep ondersoek ’n strafbare manslagsaak ná ’n noodlottige ongeluk op die N7 Rooiwinkel-pad op Sondag, 8 Februarie. Omstreeks 11:10 het ’n vader en sy seun se voertuig van die pad afgeraak en omgeslaan. ’n 58-jarige man is op die toneel dood verklaar, terwyl die passasier ligte beserings opgedoen het en na ’n hospitaal in Springbok vervoer is. Enigiemand met inligting oor die ongeluk kan Sersant Enrico Cloete by 076 110 3174 kontak, of Crime Stop by 08600 10111 gebruik.