Hoërskool Okiep het vandag Gr. 11A bedank vir ’n betekenisvolle oggendbyeenkoms onder die tema “Jou tas op die weg”. Spreker Quinton het prakties verduidelik waarmee ’n mens jou “tas” vir die lewenspad moet pak, met verwysing na Johannes 14 en Galasiërs 5:22. ’n Kers is aangesteek ter nagedagtenis aan slagoffers van onlangse ongelukke. Daarna is die skool se atlete vereer vir hul uitstekende prestasies by die Noord/Suid Sone Atletiekbyeenkoms, insluitend goue medaljes in verskeie aflosnommers.