Die Noodhulp-leerders van Hoërskool Okiep het vandag hul dienste by die Noord/Suid Sone-atletiekbyeenkoms in Springbok verskaf. Hierdie Vlak 1 en Vlak 3-leerders is opgelei deur Antie Fia van den Heever en die Nasionale Noodhulpskool en is gesogte kandidate by verskeie geleenthede. Hulle is ook genooi om die komende naweek by die laerskool-atletiek en tydens die kampioenskappe op 21 Februarie te help. Die skool sê hierdie leerders weerspieël die gees van “Net die beste” en dra trots en deursettingsvermoë uit.