Hoërskool S.A. Van Wyk het sy Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) vir 2026 bekendgestel onder leiding van Mnr N. Carlson. Die VRL-span sal hul mede-leerders verteenwoordig en ’n aktiewe rol speel in die bou van ’n positiewe skoolkultuur. Ware skoolleierskap gaan oor verantwoordelikheid, diensbaarheid en voorbeeld, sê die skool. Die skool wens elke VRL-lid en hoofleerder sterkte, wysheid en volgehoue leierskap toe vir 2026, en moedig hulle aan om met respek, nederigheid en visie te lei.