Die bekende TV-program MAAK MY ‘N MILJOENÊR het gister Hoërskool S.A. Van Wyk besoek. Die skool sê spesiale dank aan Albert Van Wyk vir sy inspirerende boodskap aan die leerders. Hier word nie net prokureurs, sportsterre en dokters gevorm nie, maar ook toekomstige entrepreneurs. Die groot vraag wat wag om beantwoord te word, is of die volgende miljoenêr dalk een van die leerders van S.A. Van Wyk is. Hou die skool dop om dit uit te vind!