Ds. Conroy Terblanche van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika het ’n leierskapsessie vir die VRL-lede van 2026 aangebied. Die fokus was op groepwerk, konflikhantering en diensbare leierskap. Hy het beklemtoon dat ware leierskap oor integriteit, verantwoordelikheid en voorbeeldige gedrag gaan. Leerders het aktief deelgeneem en oplossings vir uitdagings bespreek. Die sessie is as motiverend beskryf en het die VRL toegerus om ’n positiewe verskil in die skoolgemeenskap te maak.