Hoërskool Concordia wens die nuutverkose VRL van harte geluk met hul verkiesing en die belangrike verantwoordelikheid wat nou op hul skouers rus. As verteenwoordigers van die leerders word daar van hulle verwag om ’n kultuur van respek, eenheid en trots by die skool te bevorder en met integriteit en volwassenheid leiding te neem. ’n Spesiale woord van gelukwensing gaan aan die Hoofleiers vir 2026, Nevic Loumouamou en Tyrell van Rooi. Die skool spreek die vertroue uit dat hulle met wysheid, moed en toewyding sal lei en die Blouvlam-fakkel hoog sal dra in alles wat hulle aanpak.