Die polisie in die Noord-Kaap het verlede week onwettige sigarette met ‘n geraamde waarde van 90-duisend rand tydens oorgrens-operasies gekonfiskeer.
Die polisie het, in samewerking met hul Namibiese eweknieë, van verlede Donderdag tot gister gesamentlike oorgrens-operasies tussen Suid-Afrika en Namibië uitgevoer.
Vier mans is ook tydens die operasies in Vioolsdrift in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in Suid-Afrika was.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Litabe, sê nege boetes is uitgereik vir oortredings van die Nasionale Padverkeerswet.