Hoërskool Okiep vier die prestasie van atleet Shenica van der Heever nadat sy ’n eerste plek behaal het tydens die provinsiale atletiekbyeenkoms wat in Kimberley plaasgevind het.
Van der Heever het in die meisies o.19-afdeling meegeding en met haar prestasie nie net haar skool nie, maar ook die distrik trots gemaak.
Die skool het haar gelukgewens en haar prestasie beskryf as ’n bewys van harde werk en toewyding op die atletiekbaan.