Die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit het sy diensvloot uitgebrei met nuwe voertuie en masjinerie wat volgens die munisipaliteit daarop gemik is om dienslewering in die gebied te verbeter.

Twee nuwe bakkies sal operasionele spanne help om vinniger op diensversoeke en instandhoudingswerk te reageer. Drie masjiene, insluitend ’n padskraper vir padonderhoud en grondpadherstel, is ook by die vloot gevoeg.

Volgens die munisipaliteit sal twee dreinlorries en ’n vullislorrie ook binnekort by die vloot aansluit om dienste soos dreinonderhoud en vullisverwydering verder te ondersteun.