Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat ’n hittegolf vanaf Maandag tot Donderdag oor dele van die Noord-Kaap, insluitend die Namakwa-distrik, verwag word.

Temperature kan tussen 36 en 42 grade Celsius styg, met die warmste toestande wat waarskynlik Dinsdag en Woensdag sal voorkom.

Inwoners word aangeraai om voorsorg te tref deur genoeg water te drink, buitelugaktiwiteite gedurende die warmste deel van die dag te beperk en soveel moontlik in skadu of goed geventileerde areas te bly.