Die polisie in die Noord-Kaap het vier verdagtes in hegtenis geneem vir oortredings, insluitend bestuur onder die invloed van alkohol en dwelmverwante misdade, tydens die weeklikse Operasie Phakisa.

Die polisie het misdaadbrandpunte in Kleinzee, Port Nolloth, Alexanderbaai en Groenrivier geteiken, met gespesialiseerde eenhede wat inspeksies by huise, besighede en kusfasiliteite uitgevoer het.

Beamptes het ook 24 verkeersboetes ter waarde van 11-duisend-600 en bykomende mariene nakomingsboetes uitgereik.

Die provinsiale polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Litabe, sê gekonfiskeerde items sluit dwelms, kontant en onwettige visprodukte in.