Twee mans is Saterdagaand in Nababeep in hegtenis geneem tydens polisie-optrede as deel van die Veiliger Paasfees-operasie.

In die eerste voorval het beamptes ’n 38-jarige man by ’n woning in Bostraat vasgetrek nadat hy glo sakkies met vermoedelik tik en kontant probeer weggooi het. Kort daarna is ’n 23-jarige man in ’n afsonderlike voorval in Vredehoek aangekeer nadat hy van die polisie gevlug het en vermoedelik dwelms en geld weggegooi het.

Albei verdagtes sal binnekort in die hof verskyn. Polisie sê operasies sal voortduur.