Inwoners van Onseepkans het Woensdagaand die geleentheid gehad om hul kommer en voorstelle direk met plaaslike leiers te deel tydens ’n gemeenskapsvergadering wat in Sending gehou is.
Die sitting, met ondersteuning van die Khai-Ma Munisipaliteit, is deur Wyksraadslid Böck van Wyk 1 gefasiliteer. Dit het plaasgevind te midde van ’n groeiende behoefte aan beter kommunikasie tussen die gemeenskap en owerhede oor plaaslike uitdagings.
Inwoners is vroeër aangemoedig om die vergadering by te woon en hul stemme te laat hoor