’n Oud-leerder van Hoërskool Okiep bied tans hulp aan matrikulante en skoolverlaters in die gemeenskap om vir verdere studies te registreer.

Justice December, wat onlangs aan die Noordwes-Universiteit gegradueer het, help individue met aansoeke en registrasieprosesse by universiteite en tegnikons. Die diens is gemik op leerders wat onseker is oor hoe om hul studies ná matriek voort te sit.

Volgens die skool is dié tipe ondersteuning broodnodig in Okiep, waar toegang tot inligting oor tersiêre opleiding beperk kan wees.

Matrikulante en oud-leerders word aangemoedig om van die diens gebruik te maak om hul kanse op verdere studie te verbeter.