Die familie van Carmen Jonas (35), wat in ’n motorvoorval in Kimberley dood is, eis geregtigheid en vra dat die bestuurder aanspreeklik gehou word.

Haar pa, Danny Jonas, beweer sy is op 28 Maart in Barklyweg doelbewus raakgery en herhaaldelik oor haar gery voordat die bestuurder gevlug het. Hy voer ook aan dat die verdagte kort ná sy inhegtenisneming vrygelaat is, glo weens ’n optrede.

Die familie het kommer uitgespreek oor die hantering van die toneel en glo die saak behoort as moord ondersoek te word.

Polisie het intussen bevestig dat ’n saak van strafbare manslag ondersoek word, en dat geen verdagte nog aangekla is nie.