Die polisie in die Noord-Kaap het die afgelope naweek in Colesberg beslag gelê op dwelms ter waarde van een-komma-twee miljoen rand ná ’n wenk ontvang is.
Beamptes het inligting opgevolg van ’n busbestuurder, wat van Kaapstad na Johannesburg gereis het, oor die sterk reuk van dagga op die bus.
Hulle het twee reistasse vol dagga gevind.
’n Agt-en-dertigjarige passasier is ook in hegtenis geneem vir dwelmhandel.