Die verhoor van die Vioolsdrift-boer Jaco Dawid Malan Claasens het vandag in die Namakwalandse Rondgaande Hooggeregshof in Springbok begin. Die 61-jarige staan tereg op twee aanklagte van moord en een aanklag rakende die besit van meer as 200 patrone.

Die aanklagte hou verband met ’n voorval wat glo in Oktober 2023 by sy woning naby Vioolsdrift plaasgevind het, waartydens Coenraad Edward de Beer en James Kriel doodgeskiet is.

Claasens het onskuldig gepleit op die moordaanklagte, maar skuldig gepleit op die aanklag rakende die ammunisie. Die Staat se eerste getuie het reeds begin getuig en die saak duur voort in Springbok.