’n 37-jarige man is Maandag by die Springbok-taxistaanplek in hegtenis geneem nadat polisie vermoedelik dwelms in sy besit gevind het.

Die arrestasie volg nadat lede van die Openbare Orde Polisiëringseenheid, wat op voetpatrollie in die sakekern was, inligting oor die verdagte ontvang het. Dwelms met ’n geskatte straatwaarde van R1 602 is beslag gelê.

Die man staan tereg op ’n aanklag van die besit van dwelms. Die SAPD sê hulle sal voortgaan met pogings om dwelmverwante misdaad in die Namakwa-distrik te bekamp.