Die polisie in Steinkopf ondersoek 'n saak van strafbare manslag ná 'n noodlottige motorongeluk wat vroeg Maandagoggend op die R382 tussen Steinkopf en Port Nolloth plaasgevind het.
Volgens die SAPD het die ongeluk omstreeks 03:20 sowat 2,5 kilometer buite Steinkopf gebeur. 'n 35-jarige man is op die toneel dood verklaar, terwyl 'n man en vrou ernstige beserings opgedoen het.
Die ondersoek duur voort en die polisie doen 'n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom. Inligting sal vertroulik hanteer word.