Die Springbok-polisie ondersoek 'n saak van verberging van geboorte nadat 'n fetus by 'n plaaslike munisipale pompstasie ontdek is.

Die polisie sê die voorval is Sondagmiddag aangemeld nadat 'n munisipale werknemer die ontdekking gemaak het.

'n Geregtelike doodsondersoek is ook geopen, terwyl 'n nadoodse ondersoek uitgevoer sal word om die omstandighede rondom die voorval te bepaal.

Die polisie doen 'n beroep op enigiemand met inligting om die ondersoekbeampte, Konstabel Rogerio Esau te kontak by 082 495 5298 of inligting anoniem deur die MySAPS-toepassing aan te meld.