Twee leerders van Hoërskool S.A. van Wyk het gedurende die Junie-vakansie hul skool by die "Maak My 'n Miljoenêr"-televisiereeks in Johannesburg verteenwoordig. Hulle het tussen deelnemers van groter skole meegeding en 'n plek onder Suid-Afrika se Top 30 jong entrepreneurs verower. Hoewel die finale uitslae nog uitstaande is, beskryf die skool hulle reeds as wenners. Die prestasie bewys dat deursettingsvermoë, talent en karakter belangriker is as die grootte van 'n skool of beskikbare hulpbronne.