Hoërskool Concordia se HESOP- en Oral History-span het uitstekend presteer tydens die streekskompetisie by Hoërskool Namakwaland. Vier leerders – Mia Muller, Siano Strauss, Zeenith Cloete en Jo-Ann October – is gekies om die Namakwa-distrik by die provinsiale rondte in Kimberley te verteenwoordig. Die deelnemers het in afdelings soos jong historici, poësie en storievertelling meegeding. Die skool het die leerders en hul onderwyser, juffrou C. Basson, gelukgewens met hul prestasie en sterkte toegewens vir die volgende ronde.