Die Hoërskool Concordia-skoolkoor het 'n silwer-toekenning verower tydens Laerskool Vredendal se jaarlikse Koorfees, waar kore die geleentheid gekry het om hul sangtalent ten toon te stel en terugvoer van ervare beoordelaars te ontvang. Die koor het die lied Weeping uitgevoer en is geloof vir hul harmonieuse klank, uitstekende solis en die sterk bydrae van die seuns. Beoordelaars het ook die liedkeuse en emosionele uitvoering geprys en die koor se groot potensiaal beklemtoon. Die skool het koorleier juffrou Adonia Engelbrecht en die begeleidende personeel bedank vir hul toewyding en harde werk wat tot die prestasie bygedra het.