Hoërskool Okiep het tydens sy Sterreaand die nuwe hoofleiers vir 2027 aangewys. Liam is as hoofseun en Chantelle as hoofdogter verkies, terwyl Ralton en Tesmean onderskeidelik as onderhoofseun en onderhoofmeisie aangewys is. Die uittredende hoofleiers het simbolies hul baadjies aan die nuwe leiers oorhandig. Die 2027-leiers sal in Desember ’n leierskapsimposium in Goudini saam met leerders van regoor Suid-Afrika bywoon. Die skool het die 2026-leiers vir hul toewyding bedank en die nuwe leiers sterkte toegewens.