Maatskaplike werkers onder leiding van Monique het Hoërskool Okiep se matriekleerders besoek om hulle te motiveer en aan te moedig ter voorbereiding van hul eindeksamen. Die skool het die span bedank vir hierdie mooi gebaar en hul ondersteuning. Matrikulante is herinner dat hul toekoms in hul eie hande lê en dat omstandighede nie ’n verskoning moet wees om sukses na te streef nie. Hulle is aangemoedig om in hulself te glo, op hul Hemelse Vader te vertrou en met geloof en deursettingsvermoë vorentoe te beweeg.