Die ANC in die Noord-Kaap hou vandeesweek 'n dringende vergadering van sy Provinsiale Uitvoerende Komitee om die gevolge van die bedanking van die LUR vir Paaie en Openbare Werke, Fufe Makatong, te bespreek. Die party het Makatong se bedanking verwerp. In 'n brief aan ANC-strukture het provinsiale voorsitter Zamani Saul die bedanking as 'n "politieke ongeluk" beskryf en gesê dit kon met groter sorg hanteer gewees het. Saul het beklemtoon dat daar geen krisis binne die party se topstrukture is nie.