’n 50-jarige Calvinia-man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou verkrag het, se borgtogaansoek is in die Calvinia-landdroshof geweier.

Die beweerde voorval het op 22 Julie plaasgevind en is drie dae later by die polisie aangemeld. Die man is op 26 Julie in hegtenis geneem.

Die klaer het later aangedui dat sy die saak wou terugtrek, maar ondersoekers het volgens die polisie op vorige beweerde mishandeling afgekom. Die senior aanklaer het gelas dat die saak voortgaan.

Die saak is tot 14 September uitgestel vir verdere ondersoek. Die beskuldigde is onskuldig totdat hy skuldig bevind word.