Die kantoor van die Noord-Kaapse Premier, dr. Zamani Saul, sê geen besluit is nog geneem oor die LUR vir Paaie en Openbare Werke, Fufe Makatong, se bedanking nie. Makatong het verlede maand bedank nadat sy beweer het dat Saul onbehoorlik in sy departement inmeng. Die ANC in die provinsie het Donderdag tydens ’n spesiale PUK-vergadering geweier om sy bedanking te aanvaar. Ontleders waarsku dat verdeeldheid binne die party, met plaaslike verkiesings in die vooruitsig, sy steun kan benadeel.