Die WOW Spelfees se kringkompetisie is gister by Hoërskool O’Kiep aangebied, waar Graad 8- tot 10-leerders hul taal- en spelvaardighede in Afrikaans en Engels getoets het. Die Top 4-leerders in elke afdeling het deurgedring na die distrikkompetisie op 27 Augustus. Die skool het die leerders gelukgewens met hul uitstekende prestasies. Die WOW Spelfees bevorder nie net korrekte spelling nie, maar ook woordeskat, konsentrasie, selfvertroue en ’n liefde vir taal. Die leerders word alle sterkte met die volgende ronde toegewens.