Die distrikskompetisie van die jaarlikse Eskom Wetenskap Ekspo het by Dr. Izak Primêre Skool plaasgevind. Hoërskool Concordia het vier projekte onder leiding van mnr. Rutledge ingeskryf. Jade-Lee Joseph, Katelynn van Rooi, Kaylinn Cloete, Diara Magerman, Mia Muller en Siano Strauss het hul navorsing in verskeie kategorieë aangebied. Mia en Siano het met hul “Brains vs Bots”-projek ’n bronsmedalje verower en is as beste in hul kategorie aangewys. Die skool het die leerders gelukgewens.