Hoërskool SA Van Wyk se leerders het uitstekend tydens die WOW! Spelfees gevaar. Mitchell van Wyk het eerste plek in Graad 8 behaal, met Shanrick Lewis tweede en Eshea Engelbrecht derde. In Graad 9 het Eugenio Beukes tweede en Luzane Mukhom vyfde geëindig. Vania Meyer het Graad 10 se eerste plek én die titel “Koningin van die Dag” verower. Paton Cloete en Vonique Waters het onderskeidelik derde en vyfde geëindig. Die leerders neem op 27 Augustus aan die distriksronde deel.