Die weeklikse SAPD-misdaadbestrydingsoperasies in die Noord-Kaap het die afgelope week tot die inhegtenisneming van meer as 200 gesoekte vermeende misdadigers gelei. Die verdagtes word verbind met ernstige misdade, waaronder moord, poging tot moord en veediefstal, asook oortredings rakende ongedokumenteerde persone. Die polisie het tydens die operasies ook beslag gelê op duisende liter alkohol, dwelms, gevaarlike wapens, koper en kontant. Volgens die SAPD vorm die operasies deel van voortdurende pogings om misdaad te bekamp en gemeenskappe veiliger te maak.